Beweeg VROUWEES is Beweeg Kerk Kaap se Vrouebediening. 'n Weermag van alledaagse vroue, jonk en oud, wat gewaagd in ritme met die Heilige Gees stap.

Ons besef ons is die profetiese stemme van die tyd, en ons is honger vir wat die wêreld nie kan bied nie.
"Ons is die profetiese stemme van die tyd"
Hier ruil ons nie rokkies en resepte uit nie. Ons worstel met die uitdagings van ons tyd, en staan dan teen die stroom op met die Waarheid in ons harte. Ons veg vir heiligheid, want Hy is heilig. Ons gee, en dien en maak 'n verskil. Ons BEWEEG!
Kom word deel van 'n vroue weermag wat mekaar inspireer om in die krag van die Heilige Gees te beweeg met 'n mandaat om vroue te wees wat liefhet.
Liefde,
Jénene van Rooyen
Comentários